E-pos Opstelling

Met 'n posbus op die server wat u gemeente webwerf huisves, kan u boodskappe lees en stuur met u gunsteling e-pos program, bv Outlook Express. U kan ook Internet Explorer of ander browser gebruik om toegang tot u posbus te kry, d.w.s. "Hotmail-styl".

Daar sal aan u 'n Username (of Account Name) en Password verksaf geword het:

  • Username: Dieselfde as u e-pos adres, bv. unaam@ugemeente.ng.org.za
  • Password: 'n Kripties wagwoord wat u kan verander (instruksies hieronder)

Opstelling in Outlook Express (of soortgelyk)

Skep 'n nuwe Mail Account (Tools menu, Accounts, Add, Mail, ens.) met die volgende besonderhede:

  • E-mail address: U e-pos adres, bv "unaam@ugemeente.ng.org.za".
  • Op die Servers bladsy, stel die Incoming Mail (POP3) op "ugemeente.ng.org.za".
  • Stel die Outgoing mail (SMTP) om deur u ISP te stuur, bv "smtp.mweb.co.za". Andersins, gebruik weer eens "ugemeente.ng.org.za".
  • Steeds op die Servers bladsy, voer die Account Name en Password.
  • As u "ugemeente.mg.org.za" gebruik vir Outgoing mail (SMTP), skakel die My server requires authentication opsie ook aan.

Skakel My server requires authentication aan slegs as u Outgoing mail (SMTP) op 'ugemeente.mg.org.za' gestel het

Gebruik van Browser

Wanneer op reis, of wanneer ook al u verkies, kan u toegang tot u posbus kry deur 'n browser:

  • Gaan na "www.ugemeente/webmail".
  • Voer u Username en Password in. U username is dieselfde as u e-pos adres.
  • Kies die webmail progam van u keuse. Probeer hul gerus almal om uit te vind watter een u werkstyl die beste pas.
  • Gebruik die eenvoudige funksies om u e-pos te lees stuur en nuwe boodskappe te stuur.

Verandering van Wagwoord

'n Wagwoord sou aan u uitgereik geword tesame met u e-pos adres. Om die wagwoord te verander na een wat u makliker kan onthou:
  • Gaan na "www.gemeente/webmail".
  • Voer u Username en Password in. U username is dieselfde as u e-pos adres.
  • Kies Change Password.

vrae?

Indien enige onduidelikheid, gebruik asseblief een van die kanale vir tegniese ondersteuning om hulp in te win.